Die onderstaande Wiskunde-Wenke is deur die Vereniging vir Afikaanse-Wiskunde Onderwysers opgestel (VAW), ‘n onderafdeling van die Helpende Hand se Skole Ondersteuning Sentrum (SOS).

Hierdie wenke kan alle Hoërskool leerlinge help om hulle wiskunde punte te verbeter.

Wiskunde-Wenke

  1. Wiskunde open deure

Wiskunde maak dit moontlik om gesogte beroepe te volg soos ingenieurswese, aktuaris, vlieënier, geoktrooieerde rekenmeester, mediese spesialis en vele meer

  1. Maak’n lys

Sorg dat jy presies weet met watter werk jy sukkel. Maak ‘n lys van die foute wat jy in vorige eksamens en toetse gemaak het.

  1. ABC-tegniek

“Apply Bum to Chair” – Dus: Sit en oefen, oefen en oefen

  1. Werk elke dag

Jy moet minstens ‘n uur per dag aan wiskunde bestee. Hoe meer tyd jy aan wiskunde bestee, hoe beter sal dit gaan. Daar is geen kortpaaie nie.

  1. Vra as jy onseker is

Hou by in die klaskamer en vra dikwels vrae. As jy in die klas iets gevra het end it steeds nie verstaan nie, vra weer na die tyd. As die onderwyser nie beskikbaar is nie, vra een van jou vriende.

  1. Verduidelik vir ander

Verduidelik jou werk aan ander om te kyk of jy dit self verstaan. As jy dit nie regkry nie, beteken dit jy het nie die begrip werklik onder die knie nie.

  1. Begin vroeg

Begin vroegtydig om vir ‘n eksamen of toets voor te berei. Jy het, dan genoeg tyd om vrae te vra. Jou brein het tyd nodig om al die inligting te assimileer.

  1. Probeer Weer

Indien jy nie in jou eerste poging slaag tydens huiswerk of addisionele oefening nie, hou net aan.

  1. Bou selfvertroue

Voorbereiding bou selfvertroue en verlig eksamen druk.

  1. Ou vraestelle

Werk ou vraestelle uit wat jy by jou onderwyser kry of kyk op www.diemarkplein.co.za sodat jy weet wat om in die eksamen te verwag