sos600

Die visie van die Skoleondersteuningsentrum (SOS) van Solidariteit Helpende Hand is om elke skool in ons land waar onderrig in Afrikaans aangebied word, by te staan om in die toekoms steeds onderrig van wêreldgehalte te bly aanbied.  Ons fokus is hoofsaaklik op die ondersteuning en professionele ontwikkeling van Afrikaanse onderwysers.

Die SOS het spesifieke fokuspunte vir die volgende vyf jaar, naamlik die vakterreine van Wiskunde en Afrikaans Huistaal, die opleiding in die aanwending van tegnologie in die klaskamer asook die ontwikkeling van dienste en produkte om leerlinge en onderwysers se skoollewe te vergemaklik.

Wat bied die SOS vir Afrikaanse skoliere?

  • Wiskunde Winterskool – vir gr.12 leerlinge in die Julie skoolvakansie.  Besoek www.skoolwiskunde.co.za.
  • Die Markplein – die aanlyn winkel om Wiskunde en Afrikaans Huistaal werkkaarte, , toetse en eksamens af te laai.  Besoek www.diemarkplein.co.za.
  • Ekstra Wiskunde lesse – Gaan kyk gr.8-12 wiskunde lesse op die web.  Besoek www.ekstrawiskunde.co.za
  • Wiskunde Hupstoot App – Vanaf die App Store is gr.11 en 12 Wiskunde lesvideo’s beskikbaar vir besigtiging.
  • Afrikaanse Skoolwerkswinkel – Hierdie gr. 12 Afrikaans Huistaal werkswinkel vind jaarliks na die rekordeksamen plaas.  Besoek www.gerat.co.za.
  • Appfabriek – Opleiding in die vervaardiging van  jou eie selfoontoepassings in Afrikaans.  Besoek  www.appfabriek.co.za  .