Elektronika as spesialisering in Elektriese Tegnologie stel die leerling bekend aan analoog elektronika met toepassings in ligte stroom. In Graad 10 word die leerling blootgestel aan die beginsels van elektrisieteit en stroomvloei.

In Graad 11 ontdek die leerling diskrete elektronika deur die bestudering van halfgegeleiertoestelle en hul onderskeie toepassings. Die leerling ontdek instrumentasie en hoe om lesings te neem sodat gevolgtrekkings gemaak kan word op grond van waarneming.

Tydens Graad 12 word die leerling aan geïntegreerde kringe blootgestel waardeur getoon word hoe eenvoudige kringe gekombineer word om meer komplekse kringe te vorm vir die doel om kommunikasie en beheer te bewerkstellig. ‘n Leerling in Elektriese Tegnologie wat spesialiseer in Elektronika is in staat om probleme op te los deur elektroniese toepassings in die vorm van bestaande kringe te verander en aan te pas. Die leering sal in staat wees om elektroniese kringe te toets en in werking te stel.

So ‘n leerling sal gewoonlik ‘n loopbaan in ligte stoom, instrumentasie of kommunikasie volg en kan selfs die vermaaklikheidsbedryf betree. Om ‘n vakman te word, moet ‘n leerling verdere studie by ‘n VOO kollege, tesame met ‘n vakleerlingskap in die toepaslike industrie oorweeg. Indien die leerling die korrekte vakkombinasies neem sal hy/sy ‘n elektroniese tegnikus / tegnoloog of self ingeneurswese aan ‘n universiteit kan bestudeer