‘n Leerling wat Digitale Elektronika neem toon ‘n sterk belangstelling in rekenaars, prgrammeerbare GSe, Boole Algebra, mikrobeheerders, stelsel beheer, prossesserders en programmering. In Graad 10 word ‘n leerling bekendgestel aan die beginsels van elektrisiteit en elektronika, soorgelyk aan die elektronika leerling.

In Graad 11 skuif die fokus na Digitale Elektronika en Boole Algebra. Die leerling word ook aan kommunikasiestelsels blootgestel as ‘n hoeksteen van digitale stelsels onder andere. Terselfdertyd word die leerling aan ‘n paar aspekte van motors en beheer blootgestel deur die toepassing van onder andere pulswydtemodulasie, wat op sy beurt die wereld van robotika, koppelvlakstelsels en megatronika ontsluit.

In Graad 12 word ‘n leerling geöriënteer in “intelligente” mikroskyfies. In hierdie geval word die leerling gewys hoe om mikroskyfies te programmeer om sodoende oplossings volgens behoefte te ontwikkel. Die leerling word in staat gestel om basiese robotika en megatronika te ondersoek wat op sy beurt weer die grondlegging vir ‘n loopbaan in industriële elektronika en beheer doen.

Die Digitale Elektroniese leerling behoort ‘n ingeneursloopbaan aan ‘n universiteit na te jaag deur direk na skool, met die korrekte vakkombinasies vir toelating, te gaan studeer. Toeganklike loopbane vir hierdie leerling sluit in digitale ingeneurswese, vervaardigingstelselontwerp, informasie tegnologie en programmering en selfs die film industries waar robotika en spesiale effekte in rekenaargrafika en vlakkoppeling toegepas word. Verdere studies aan ‘n universiteit bring die leerling, met die korrekte vakkombinasies, nader aan ‘n loopbaan as elektroniese tegnikus / tegnoloog of elektroniese ingeneur