Deur Pieter van der Walt.

Pieter van der Walt is ʼn onderwyser met Besigheidstudies as spesialis vak. Die afgelope paar jaar spits hy hom toe in die bevordering van loopbaan keuses en vakkeuses vir hoërskool leerlinge. Hy doen konsultasie werk in navorsing oor die bevordering van werknemers se werksomstandighede.

 Pieter is getroud met Elsabe van der Walt. Hulle woon in Delmas.

 Pieter skryf die volgende:

Deur verantwoordbaar te wees, skep jy vir jou doelwitte in die lewe, en om dit te bereik, kan jy die volgende riglyne gebruik.

Hart. Intelligensie. Moed.

Dit is alles waardevolle eienskappe, maar dit staan geïsoleerd in vergelyking met dit wat elkeen van ons die meeste na strewe. Ons benodig algehele sukses in ons lewens. Persoonlike aanspreeklikheid is en sal altyd nommer een bly.

In L. Frank Baum se boek, The Wizard of Oz, ontmoet ons vier baie belangrike karakters:

Dorothy, die hoofkarakter, is ʼn dogtertjie wat deur ʼn tornado van haar plaas weggevoer word en haar teen haar wil na ʼn vreemde fantasiewêreld verplaas.

Scarecrow, die voëlverskrikker, leef ʼn stil lewe in die middel van ʼn koringland omdat sy skepper nie baie intelligensie gehad het nie.

Tin Man is geroes en kan nie beweeg nie. Hy is ook nie in staat om daadwerklik op te tree nie, want hy het nie die hart daarvoor nie.

Die lafhartige Leeu het nie moed of senuwees van staal nie, en leef dus ʼn lewe wat nie tot sy volle potensiaal kom nie.

Al hierdie die hoofkarakters word deur omstandighede buite hul beheer tot wanhoop gedryf.

As gevolg van tekortkominge en omstandighede voel die karakters dat hulle nie die dinge op hulle eie kan verander nie. Met totale moedeloosheid gaan sit hulle op die geel baksteenpad wat na die land van Oz lei en hulle hoop om ʼn magtige towenaar te vind wat al die probleme van die lewe vir hulle sal oplos.

Die kern van hulle boodskap lê in hierdie eenvoudige beginsel: “Moenie toelaat dat jou omstandighede bepaal wie jy is en wat jy doen nie.”

Met ander woorde, moenie die hoop op toekomstige sukses in die hande van ʼn towenaar se towerstaf plaas nie. Om op iemand of iets te vertrou om jou te red, bring net ʼn gevoel van hulpeloosheid wat jou vermoë om duidelik, vinnig en kreatief te dink verlam. In plaas daarvan, neem beheer oor die vorming van jou eie omstandighede. Daar sal dan definitief goeie en positiewe dinge begin gebeur.

Of jy nou grootskaalse veranderinge in jou lewe wil maak of net ʼn bietjie wil verfyn, hier is tien riglyne wat verseker ʼn verandering sal meebring as jy dit toepas. Dit sal jou help om die krag van persoonlike aanspreeklikheid te ontbloot. Neem eienaarskap vir jou optrede, besluite, suksesse en mislukkings.

1) Herdefinieer aanspreeklikheid

Laat die gedagte om verantwoordbaar te wees vir jou optrede en dade jou sidder? Die negatiewe (en oninspirerende) siening van aanspreeklikheid word in die volgende algemene woordeboekdefinisie: “onderhewig aan verslagdoening, verduideliking of regverdiging; aanspreeklik, verantwoordelik wees vir” versterk.

Bly getrou aan jou doelwitte,  dit moenie sleurwerk of donkiewerk wees nie. Jy moet jou aanspreeklikheid as ʼn geskenk aan jouself beskou. Om sukses te verseker, moet dit ʼn vrywillige ingesteldheid word.

2) Dink asof jou lewe daarvan afhang

As jy oorskakel na ʼn vasberade en kreatiewe ingesteldheid, begin jy om oplossings te ontdek vir uitdagings wat jy gedink het totaal buite jou beheer is. As jou lewe daarvan afhanklik was, sou jy met ʼn nuwe idee of strategie kan opkom om jouself te red? Verseker sou jy ʼn plan gemaak het.

Die doel wat jy wil bereik of die probleem wat jy wil oplos, is nie ʼn lewe-of-dood-scenario nie, maar baie kreatiewe oplossings kom wanneer jy alles op die spel plaas. Jou lewe is dalk nie in gevaar nie, maar jou geluk en sukses is wel.

3) As jy nie jou omstandighede kan beheer nie, moenie toelaat dat jou omstandighede jou beheer nie

Op 22 Maart 2012 het die staatsweermag van Mali die presidensiële paleis verwoes en die Wes-Afrikaanse land se 20-jarige demokrasie omvergewerp. In die onrussituasie het Islamitiese militantes beheer oor twee derdes van die land gekry.

Dit was ʼn tragiese oomblik toe die staatsgreep plaasgevind het, sê Yeah Samake, burgemeester van die dorp Ouélessébougou, ongeveer 50 kilometer van die chaos. “Ek het uit radeloosheid en moegheid op my rusbank in my sitkamer gaan sit. My vrou het my geskop en geskop. Ek kon dit nie glo nie. Ek het vir haar gesê: “Ek soek simpatie en nou behandel jy my soos ʼn hond. Hoekom skop jy my?”  Sy het net gesê:  “Gaan uit en gaan doen iets.”

Of jy êrens anders van die bank af kom of ʼn bietjie aanmoediging nodig het, die punt is om daar buite te kom en iets te doen.

4) Streef daarna om eerder meer te wil hê as om iets glad nie te wil hê nie

Alles sal sekere insette van jou energie, moeite, geduld en ander hulpbronne vra. Dit is natuurlik om die goeie dinge in die lewe te wil hê sonder om die prys daarvoor te betaal. Jy wil gewig verloor, maar wil nie jou gunsteling kos opoffer nie. Jy wil bevordering by die werk hê, maar jy wil nie ekstra ure insit nie. Sukses kom wanneer jou balans op ʼn mespunt kom en jy begin om jou doel meer te begeer as wat jy die koste van die bereiking daarvan vrees.

5) Moenie dat swaartekrag jou aftrek nie

Net soos massiewe planete swaartekrag genereer – en alles na hulle toe aantrek – lyk dit asof moeilike probleme en uitdagende struikelblokke genoegsame swaartekrag produseer om jou te verhoed om jou doelwit te bereik. Hierdie swaartekragte word groter en sterker soos wat die uitdagings groter en moeiliker word. Moenie ingee nie; hou aan en byt vas.

6) Elke deurbraak vereis ʼn formidabele aanslag

Die Akteur Jim Carrey het baie arm grootgeword. Sy familie het in ʼn karavaan gewoon nadat sy pa sy werk verloor het. In ʼn stadium het die Carreys in ʼn tent op ʼn familielid se grasperk geslaap, maar Carrey het geglo in sy eie toekoms en in die dinge wat hy in sy lewe wou bereik.

Een aand, vroeg in Carrey se sukkelende loopbaan as komediant, het hy in sy afgeleefde Toyota na Hollywood Hills gery en terwyl hy oor Los Angeles uitgekyk het, het hy sy tjekboek uitgehaal en vir homself ʼn tjek van $10 miljoen uitgemaak. Hy het in die tjek se notalyn “vir akteursdienste gelewer” gegriffel en dit in sy beursie gesit. Op daardie oomblik het Jim Carrey sy toekoms bepaal en dit in sement geanker. Binne die volgende vyf jaar het Carrey sy belofte aan homself gestand gedoen en hy het wêreldwyd bekend geword. Op die hoogtepunt van sy loopbaan het hy $20 miljoen per rolprent verdien.

As jy jou eie interne krag ontdek, sal  jy sien dat jy die reg het, die vermoë het en selfs die verpligting het om jou eie beste werklikheid te skep.

7) Vra vir terugvoer

Aanspreeklikheid word ook geskep deur raad en kritiek van ander persone en mentors in jou lewe te kry.

Om dit te laat werk, moet jy die mentor, vriend, kollega of ander belangrike persoon oortuig dat jy ʼn beroep op hom of haar doen om regtig te weet wat hulle dink. Die evalueerder moet weet dat hy nie enige terugvoer van jou sal kry as hy nie heeltemal eerlik is nie. Terugvoering is die sleutel tot die oorwinning van blindekolle wat jy nie raaksien nie, asook die bereiking van beter resultate.

8) Vra jouself af: Is ek ʼn huurder of ʼn eienaar?

Ons gee meer om vir die dinge wat ons besit as vir die dinge wat ons huur omdat ons nie soveel in tydelike dinge belê nie. Daar is nie soveel op die spel nie. Het jy al ooit ʼn huurhuis op jou eie onkoste uitgeverf en verbeter? Natuurlik nie.

As jy iets besit – of dit nou ʼn motor, werksopdrag of verhouding is, maak jy ʼn belegging wat gewoonlik ʼn mate van opoffering verg. As jy huur, kan jy weggaan sonder om iets te verloor. As jy dus regtig verbind is tot die bereiking van jou doelwit, sit dan alles in. Neem eienaarskap van jou sukses.

9) Maak jouself reg om baie voetwerk te doen voor jy sukses bereik

Om oplossings te vind is net soos om vir goud te delf. Het jy die Discovery Channel-realiteitsprogram Gold Rush gesien? Dit volg die lewens van hedendaagse mynwerkers omdat hulle teen tyd, teen mekaar en teen die natuur meeding in die hoop om ryk te word.