’n Bankier is ’n oorkoepelende term vir ’n wye reeks loopbane in die bankbedryf.  Kortliks voorsien bankiers bankdienste en advies aan mense en besighede.  Banke bied ’n wye reeks loopbaangeleenthede en dit is moontlik vir bankiers om hul weg oop te werk van junior posisie af. Sommige bankposisies vereis gespesialiseerde opleiding en onderrig.

Banktellers werk direk met die publiek.  Hulle verwerk onttrekkings en deposito’s vir kliënte en wissel tjeks.  Bankbestuurders hou toesig oor die dag-tot-dag funksionering van die bank en verseker dat die bank winsgewend bly.  Banktakke het ook personeel wat finansiële produkte soos huislenings, voertuiglenings, korttermynlenings, testamente, annüiteite en kredietkaarte insluit.  Die meeste banke het ’n sake-afdeling  wat finansiële produkte aan groot en klein maatskappye bied.  Banke bied ook finansiële dienste aan privaat- en besigheidskliënte.

Oor die algemeen moet bankiers dit geniet om met mense te werk en moet hulle in staat wees om kalm, hoflik en professioneel te wees te alle tye.  Hulle moet goeie kommunikeerders wees.  Tellers moet akkuraat met geld en syfers kan werk en moet betroubaar wees.  Senior bankiers moet oor goeie finansiële sakevernuf beskik.

Werksgeleenthede sluit algemene en kommersiële banke sowel as hul verskeie departemente en afdelings in.

VOORGESTELDE SKOOLVAKKE:
Wiskunde
Rekeningkunde
Ekonomie